Kook steeds water voor gebruik

OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn-munisipaliteit se senior woordvoerder, Ntobeko Mangqwengqwe, het vanmiddag (Vrydag 21 April) gesê: “Die jongste bakteriologiese resultate van Oudtshoorn se drinkwater dui op 'n merkbare verbetering in kwaliteit.”
 
Volgens Mangqwengqwe word daar egter aanbeveel dat kraanwater steeds gekook moet word voor gebruik.
 
“Ons is vol vertroue is dat die water geen gesondheidsrisiko vir verbruikers inhou nie, maar ons is wetlik verplig om verbruikers te waarsku oor moontlike gesondheidsrisiko's wat die water kan inhou indien dit gedrink word.”
 
Hy het gesê die munisipaliteit sal voortgaan om toetse op 'n gereelde basis te doen.
 
“Ons sal Oudtshoorniete op hoogte hou van die toetse se uitslae.”

Klik hier vir vorige artikels:

ARTIKEL & FOTO: CHRISTO VERMAAK, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS

'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'


Your Comments

Copyright 2017 Group Editors Co PTY Ltd t/a Oudtshoorn Courant