Translate to: 

Plaaslike agent onder top 3 in SA

Plaaslike agent onder top 3 in SA
Jo-Marie de Kock (verkoopsagent) en Wynand Venter (handelaarshoof van Oudtshoorn Nissan en Renault) pas nadat Jo-Marie die tweede plek as topverkoopsagent in die land aangewys is. Foto: Hannes Visser
OUDTSHOORN NUUS - Minder as twee jaar nadat sy as verkoopsagent by Renault in Oudtshoorn aangestel is, is Jo-Marie de Kock aangewys as een van die drie beste kleinhandelaar verkopers in die land.
 
Sy het deur harde werk, uitstekende kliëntediens en toewyding die topdrie behaal en is twee weke gelede in Johannesburg as die naaswenner aangewys. Renault is 'n opkomende handelsmerk en dus 'n groot uitdaging vir hierdie knap verkoopsagent.
 
Oor haar prestasie het Jo-Marie vandeesweek gesê: "Ek is trots om deel van Renault te wees, ek glo so in my produk dat ons gesin onlangs ook 'n Renault aangeskaf het. Dankie aan my man en kinders wat my ondersteun, want almal in die De Kock-huis verkoop nou karre," spot sy.
 
"Dankie ook vir ons span by Oudtshoorn Nissan en Renault wat uit hulle pad gaan om my by te staan. Dit help nie 'n verkoopsagent werk hard, maar daar is nie goeie ondersteuning van die span nie, en hier kry ek al die ondersteuning moontlik. Sonder hulle samewerking sou ek dit nie gemaak het nie."
 
Wat haar kliënte betref is Jo-Marie ook baie dankbaar. "Ek kon net bereik wat ek bereik het met die ondersteuning van Oudtshoorn se mense."
 
Die handelaarshoof van Oudtshoorn Nissan en Renault, Wynand Venter, het gesê dat Jo-Marie se prestasie soveel groter is as in ag geneem word dat sy nasionaal met Renault verkoopsagente meeding en die marksegmant is beperk.
 
"Sy werk baie hard en ons is voorwaar trots op haar."
 
Jo-Marie was vir bykans tien jaar die verkoopskonsultant van Oudtshoorn Courant. Hiermee ook ons gelukwensing met haar puik prestasie. – Redakteur
 
ARTIKEL & FOTO: HANNES VISSER, OUDTSHOORN COURANT-REDAKTEUR
 
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus' 
12:01 (GMT+2), Fri, 21 April 2017
Your Comments...
 
Login or Register here.
*To REGISTER you will be directed to the registration page. Once you have completed the registration process, please return to this page.

Weather

Currencies

US Dollar
Pound Sterling
Euro
Australian Dollar
New Zealand Dollar
Canadian Dollar
UAE Dirham
Singapore Dollar
Chinese Yuan

Moon Cycle

CURRENT MOON

Horoscopes

Get your free daily horoscope + free daily forecast below.
Choose your zodiac sign:
  Aries    
March 21 - April 19
Libra    
September 23 - October 22
  Taurus    
April 20 - May 20
Scorpio    
October 23 - November 21
  Gemini    
May 21 - June 20
Sagittarius    
November 22 - December 21
  Cancer    
June 21 - July 22
Capricorn    
December 22 - January 19
  Leo    
July 23 - August 22
Aquarius    
January 20 - February 18
  Virgo    
August 23 - September 22
Pisces    
February 19 - March 20

Movie Trailers

Frank Adler (Chris Evans) is a single man raising a child prodigy - his...
Blindsided by a new generation of blazing-fast racers, the legendary...
In Rough Night, an edgy R-rated comedy, five best friends from college...
Johnny Depp returns to the big screen as the iconic, swashbuckling...
Before she was Wonder Woman, she was Diana, princess of the Amazons,...

Games

Air hockey is one of everyone's favorite challenges! Represent your...
This is the most advanced edition of the popular online version of Pool...
In this Digital Domino Game all the rules are the same as the real game....
The classic mind-wracking math puzzle game is now online! With a brad new...
Voting Poll
Damvlakke in die Oudtshoorn-gebied is kommerwekkend laag, met van die damme wat leeg is en ander met minder as 10% waterinhoud. Alhoewel daar nog nie waterbeperkings vir Oudtshoorn ingestel is nie:
Gebruik ek water spaarsamig
Oudtshoorn Courant 80%
Is ek nie bekommerd nie en gebruik water soos normaalweg
Oudtshoorn Courant 20%
Men
Women
Search
I'm a 35 year old man looking to meet women between the ages of 25 and 45.
I'm a 44 year old man looking to meet women between the ages of 18 and 45.