Straat gee mee onder bakkie

Die pad word tans herstel. Foto's: Hannes Visser

OUDTSHOORN NUUSFLITS - Die bestuurder van 'n Ford Bantam-bakkie het homself lam geskrik toe die padoppervlak skielik onder sy bakkie meegee en die voertuig in 'n diep gat beland. Die voorval het vandag om ongeveer 12:00 in St Johnstraat gebeur.
 
Volgens die bestuurder van die bakkie het hy gesien die padoppervlak is nat, maar daar was geen teken dat die pad besig was om in te sak nie. "Die linkerkant van die bakkie het skielik weggesak en toe is daar water oral,"
het hy gesê.
 
Die inwoner voor wie se huis die pad megegee het, het gesê hulle het 'n rukkie voor die voorval gesien daar sypel water deur die teer en wou juis die munisipaliteit inlig toe die bakkie in die gat beland.
 
'n Gedeelte van St Johnstraat, tussen die rivier en Baron van Reedestraat, sal gesluit wees tot die gat herstel is. 
 
 
Die bakkie in die gat. 
 
Lees meer hieroor in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
 
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'


Your Comments

Copyright 2017 Group Editors Co PTY Ltd t/a Oudtshoorn Courant