34-Jarige vrou wreed vermoor

Die kanaal waarin Audrey Ntombozuko se liggaam gevind is.

OUDTSHOORN NUUSFLITS -  'n Man het vandag op 'n klag van moord in die Oudtshoorn-landdroshof verskyn.
 
André Solomons het glo die 34-jarige Audrey Ntombozuko oor die afgelope Paasnaweek verskeie kere met klippe en ander voorwerpe geslaan waarna haar liggaam in die kanaal naby haar woning gegooi is.
 
Volgens bure het Solomons glo Ntombozuko Saterdagaand vroeg begin slaan.
 
"Ons het gehoor dit raak regtig erg en het haar familie gaan haal. Toe ons saam met die familie terugkom het ons haar halfnaakte liggaam binne-in die kanaal gekry en hy was by haar," het die bure vertel.
 
Solomons se saak is tot 2 Mei vir 'n borgtogaansoek uitgestel.
 
 
Audrey Ntombozuko en André Solomons se woning. Foto's: Liezl van Niekerk
Lees meer hieroor in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
 
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'


Your Comments

Copyright 2017 Group Editors Co PTY Ltd t/a Oudtshoorn Courant