R80 000 kontant by Clicks gesteel

Polisiebeamptes was vroeg vanoggend by Clicks na daar gisteraand by die winkel ingebreek is. Foto: Liezl van Niekerk

OUDTSHOORN NUUS - Daar is gisteraand by Clicks in Hoogstraat ingebreek.

Volgens sersant Gretchen Micheals, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie, het die voorval tussen gisteraand 18:15 en vanoggend 06:55 gebeur.

"Toe die bestuurder die winkel vanoggend oopsluit het sy ‘n branderige reuk geruik," het Micheals gesê. "Sy het toe gevind dat die kantoor aan die agterkant van die winkel oop was en die kluis oopgebreek is.
 
"Die kluis was oopgebreek en R80 000 kontant is gesteel. Toegang tot die perseel is deur die dak gekry."
 
Geen verdere inligting is tans beskikbaar nie.

'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'


Your Comments

Copyright 2017 Group Editors Co PTY Ltd t/a Oudtshoorn Courant