Update
OUDTSHOORN NUUS - Booi Salman was Saterdag weer die eerste oor die eindstreep in die 143ste Oudtshoorn Parkrun by Surval Olive Estate, met 'n vinnige tyd van 18 minute.
Die 18-jarige Louis Burger was tweede met 'n tyd van 19 minute 58 sekondes en Greens Groenewald in die derde plek met 'n tyd van 22 minute 12 sekondes.
Die 14-jarige William van Tonder was vierde met 'n tyd van 23 minute en ook weer die eerste junior oor die wenstreep.
Hierna het gevolg: Francois Verwey (23:58), Matthys Myburgh (24:14), Henry Carstens (24:42), Brianna Pelham (24:46), Newald Groenewald (24:47) en Albertus Kennedy (25:01).
Die 16-jarige Pelham was die eerste junior vrou oor die wenstreep.
Booi Salman wen Saterdag se 143ste Oudtshoorn Parkrun.
Gertruida Roux het op Saterdag 6 Januarie haar 50ste Parkrun voltooi.
Almal is welkom om aan die Parkrun deel te neem wat elke Saterdagoggend om 07:00 by Surval aangebied word.
Deelname is gratis.
Lees 'n verwante artikel: Salman weer 1ste oor eindstreep
ARTIKEL & FOTO'S: GARNETT WICOMB, OUDTSHOORN COURANT KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'