OUDTSHOORN NUUS - 'n Voormalig SWD eersteklas-krieketspeler, André Olivier, is besig om uit te blink as skeidsregter.
Vir sy toegewydheid is hy gedurende Desember as skeidsregter vir beide die eindstryd van die Coca-Cola Khaya Majola-week en die SA Skole en SA Colts-spanne se wedstryd.
Die 34-jarige Olivier het SWD in 11 eersteklas wedstryde verteenwoordig tussen Oktober 2006 en Oktober 2009.
Hy het in 2014 sy kolf opgehang en gedurende die laaste vier jaar tot 'n vlak 3-skeidsregter gevorder.
"Om skeidsregter te wees is baie uitdagend, maar die feit dat ek provinsiaal gespeel het, help my baie," het Olivier gesê.
Volgens Albertus Kennedy is Olivier besig om sy pad as skeidsregter boontoe oop te veg.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'