Motorfietsryer sterf 2 weke na ongeluk

Dirk van Niekerk

OUDTSHOORN NUUSFLITS - Die gesin van Dirk van Niekerk is in rou gedompel nadat hy gisteraand om 22:15 in die Mediclinic George oorlede is.
 
Dirk het ernstige beserings opgedoen toe hy twee weke gelede op ‘n motorfiets in ‘n botsing met ‘n motor betrokke was.
 
Die botsing het op 15 Maart plaasgevind toe ‘n BMW vanuit Baron van Reedestraat regs in St Saviourstraat en voor Dirk wat vanuit die teenoorgestelde rigting gekom het ingedraai het.
 
Dirk was die eienaar van Al-Zu konstruksie.
 
Begrafnisreëlings is nog nie bekend nie en sal later vanaf sy gesin verkry word.
 
 
 
Klik hier vir vorige artikels:

Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.

'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo nuus'


Your Comments

Copyright 2017 Group Editors Co PTY Ltd t/a Oudtshoorn Courant