Verkeershoof gearresteer vir bedrog

Die Valke het die man gisteraand na die Oudtshoorn-polisiestasie geneem en hy verskyn vandag in die Oudtshoorn-landdroshof. Foto: Liezl van Niekerk

PRINS ALBERT NUUSFLITS - Die verkeershoof van Prins Albert is gisteraand deur die Valke in hegtenis geneem.

Die 45-jarige man is op Drie Susters in hegtenis geneem op klagtes van lisensie-bedrog.
 
Die Valke het die man gisteraand na die Oudtshoorn-polisiestasie geneem en hy verskyn vandag in die Oudtshoorn-landdroshof.
 
 
'Ons bring jou die nuutste Prins Albert, Klein Karoo nuus'


Your Comments

Copyright 2017 Group Editors Co PTY Ltd t/a Oudtshoorn Courant