OUDTSHOORN NUUS - Die TS Attakwa-seekadette van Oudtshoorn het onlangs hul leierskapkamp gehad.
Angel Syster, 'n offisier van die seekadette, sê daar was 40 kinders van gr. 7 tot 9 wat die kamp bygewoon het.
"Die kinders het dit vreeslik baie geniet. Dit was wonderlik toe hulle na die tyd na my toe kon kom en sê dat hulle iets tydens die kamp geleer het. Dit was ook lekker om te sien hoe hulle in spanverband saamwerk. Daar was oomblikke wat hulle vir mekaar kwaad geraak het, maar dan besef hulle as hulle nie gaan saamwerk nie gaan hulle nie die aktiwiteit voltooi nie."
Syster sê sy wil graag almal bedank wat die kamp moontlik gemaak het.
"Dankie aan al ons borge, spreker, aanbieders en ook vir die ouers. Sonder julle sou die kamp nie 'n sukses gewees het nie.
Die seekadette van Oudtshoorn tydens hul leierskapkamp. Foto's verskaf
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'