Chetty het in 'n sessie van bykans twee ure gesê dat hy alles in sy vermoë doen om Oudtshoorn op die regte pad te ruk, maar da thy nie 'n towernaar is nie. Volgens hom sal Oudtshoorn se herstel ten minste nog drie jaar duur, maar dit sal verg dat raadslede besef dat hulle kiesers eerste moet kom en politiek tweede. "Op die oomblik is dit politiek en individue eerste en mense laaste en dit moet dringend verander," het hy gesê.
Volgens hom is daar etlike prioriteite wat dringend aandag geniet en politici moet ophou om die span se pogings ten opsigte van hierdie prosesse in die wiele te ry.
Hy het hoofsaaklik die volgende prioriteite uitgelig:
Hy het gesê dat 'n hele maand verlore gegaan het waar kundiges ingeroep was om raadslede te motiveer om persoonlike kwessies opsy te skuif en hul pligte
Teenoor kiesers na te kom. Die proses moes egter gestaak word omdat dit geen verandering by raadslede teweeg gebring het nie.