Badenhorst sê dat die sentrum noodgedwonge Maandag en gister moes sluit, maar dat die kinders wat deur die dag daar gehuisves word en etes kry dan letterlik op straat sit.
“Ons personeel probeer m,aar vanoggend tussendeur kosmaak vir die kinders. Dis nat en koud buite en nou is die plek wat hulle skuiling en voiding moet gee ook onder water.”