Die burgemeester het buite die raadsaal sy misnoeë te kenne gegee en gesê dat die begroting nie eers voor die minister hoef te dien nie.
Die koukusleier van die DA, Wessie van der Westhuizen het egter gesê dat die minister insae in die begroting moet hê aangesien die begroting nie soos deur die wet vereis teen 30 Junie goedgekeur was nie.
