Daar is aanduidings dat ICOSA, die party waaraan die onderburgemeester Vlancio Donson behoort, die mosies gaan teenstaan.
Tydens verlede Donderdag se vergadering toe die speaker, John Stoffels bedank het, was die ANC nie teenwoordig by die vergadering nie en daar is op hierdie stadium nie ‘n aanduiding of hulle die mosies gaan teenstaan nie.
Die burgemeester, Gordon April, is ‘n lid van die ANC.
Die dorp se begroting is ook op die agenda.