Landdros Lorraine Samuels het die saak tot 17 Februarie uitgestel.
Gao is op 22 September in hegtenis geneem op 'n klag van sameswering om moord te pleeg.
Hy het na bewering twee mans van George af laat kom om Julia Bagley, eienaar van Bagley's te vermoor.
Adjudant offisier Wessels Bower het tydens die borgtogaansoek gesê dat Gao 'n foto van die eienaar van sy selfoon af na hulle selfoon gestuur het en dat hy hulle gaan wys het waar sy woon.
Gao het die twee mans R10 000 aangebied om die eienaar dood te maak. Volgens hom is die polisie van die voorval in kennis gestel, waarna die twee mans beëdigde verklarings afgelê het.
Hulle het ook die huis waar Bagley woon aan die polisie uitgewys. Die mans het ook die polisie gewys waar die beskuldigde woon.
Die nagklub is intussen gesluit omdat die klub sonder 'n dranklisensie bedryf word.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo nuus'