OUDTSHOORN NUUS - Ben Vrey Snr, die sakeman wat in 2012 op vier klagtes van seksuele teistering in hegtenis geneem is, is gister tot vyf jaar gevangenisstraf gevonnis.
Volgens die landdros moet Vrey ‘n sesde (10 maande) van die straf uitdien.
Hy is in Oktober aan drie van die vier klagtes skuldig bevind.
Die landdros het egter al drie die klagtes saamgevat met die vonnisoplegging.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo nuus'