OUDTSHOORN NUUS - Terwyl die kragonderbreking vir vandag tot 18:00 kan duur kan dit gebeur dat kragtoevoer vroeër aangeskakel word.
Inwoners word gemaan om die volgende veiligheidsmaatreëls te tref om skade te voorkom.
- Beskou alle kragpunte as lewendig.
- Maak seker dat alle elektriese toestelle afgeskakel is.
- Moenie gastoestelle op oonde plaas vir gebruik nie.
- Ontkoppel toestelle soos televisies en rekenaars om skade te voorkom as gevolg van moontlike “power surges”.
- Maak seker dat veiligheidshekke en motorhekke se batterye vir die duur van die dag genoeg krag het.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'