Translate to: 

Winterkrismis in Calitzdorp

Winterkrismis in Calitzdorp
Besoekers tydens verlede jaar se fees by die stasie. Foto: Tisha Steyn
CALITZDORP NUUS - Karoo Krismis is die tema van vanjaar se Calitzdorp Winterfees, wat van 16 tot 18 Junie plaasvind.
 
Soos gewoonlik is die hoof kuierplek die Calitzdorp-stasie, maar aangesien die hele gemeenskap by die fees betrokke is, word die tema ook elders in die dorp uitgedra.
 
Calitzdorp en kos is pasmaats, en daar is talle kulinêre hoogtepunte om na uit te sien soos die drie verskillende langtafelhuiers wat Vrydagaand plaasvind: Die Winterfees se langtafel Krismisdinner, Emile Minnie se kabaret in die stasiegebou en Boplaas Kelders bied 'n Middeleeuse langtafel-dinee aan.
 
Saterdag word die koskapperjolle verder gevoer met 'n Biscotti-proe by De Krans Kelder, 'n uithalerete by Calitzdorp Kelders en 'n Wynpas by The Queen of Calitzdorp. Sondag word vir oulaas brekfis geëet by Calitzdorp Kelders.
Die Donkiekar-boereorkes speel Saterdag by die stasie. Nog boeremusiek volg Saterdag-aand by die Skuurdans by Klokkie op 'n plaas net buite die dorp.
 
Die fees begin met 'n trompoppie-optog wat deur die dorp beweeg en by die stasie eindig. Teen die tyd dat hulle by die stasie aankom, gaan die stalletjies klaar regstaan met eet- en drinkgoed. Die stalletjies gaan tot laatnag as nagmark besigheid doen.
 
Saterdag 09:00 begin 'n marathon veerpyltjie-kompetisie wat eers Sondag eindig. En soos wat die spanne die pyltjies gooi, sweet die kleingoed om hul windmaker draadkarre te laat wen. Rieldansers uit die kontrei tree Saterdagmiddag op.
 
Die NG Kerk Calitzdorp hou vanjaar hul basaar tydens die Winterfees waar tradisionele basaargoed ter stywing van die kerk se fonds verkoop word. Drie-uur Saterdagmiddag tree die Suid-Kaap Kinderkoor van George in die kerk op.
Sondagoggend vind die Calitzdorp MTB Classic 2017 plaas. Die 60 km roete deur die asemrowende natuurskoon van Groenfontein en die Rooiheuwels begin en eindig by die stasie.
 
Toegang tot die feesterrein by die stasie is vanjaar gratis. "Om fondse te in vir die noodsaaklike ondersteuning van verdienstelike liefdadigheids-organisasies in die dorp, is daar kaartjies vir 'n gelukstrekking by verskeie punte beskikbaar," sê Zelma Kriek, hooforganiseerder van die Winterfees.
 
Die volledige program en kontaknommers vir besprekings is beskikbaar op die Winterfees-webblad asook die webblad van Calitzdorp-toerisme, of kontak Zelma Kriek by 082 576 5855 vir meer inligting.
 
 
ARTIKEL & FOTO: TISHA STEYN
 
'Ons bring jou die nuutste Calitzdorp, Klein Karoo nuus'
07:01 (GMT+2), Fri, 21 April 2017
Your Comments...
 
Login or Register here.
*To REGISTER you will be directed to the registration page. Once you have completed the registration process, please return to this page.

Weather

Currencies

US Dollar
Pound Sterling
Euro
Australian Dollar
New Zealand Dollar
Canadian Dollar
UAE Dirham
Singapore Dollar
Chinese Yuan

Moon Cycle

CURRENT MOON

Horoscopes

Get your free daily horoscope + free daily forecast below.
Choose your zodiac sign:
  Aries    
March 21 - April 19
Libra    
September 23 - October 22
  Taurus    
April 20 - May 20
Scorpio    
October 23 - November 21
  Gemini    
May 21 - June 20
Sagittarius    
November 22 - December 21
  Cancer    
June 21 - July 22
Capricorn    
December 22 - January 19
  Leo    
July 23 - August 22
Aquarius    
January 20 - February 18
  Virgo    
August 23 - September 22
Pisces    
February 19 - March 20

Movie Trailers

Frank Adler (Chris Evans) is a single man raising a child prodigy - his...
Blindsided by a new generation of blazing-fast racers, the legendary...
In Rough Night, an edgy R-rated comedy, five best friends from college...
Johnny Depp returns to the big screen as the iconic, swashbuckling...
Before she was Wonder Woman, she was Diana, princess of the Amazons,...

Games

Air hockey is one of everyone's favorite challenges! Represent your...
This is the most advanced edition of the popular online version of Pool...
In this Digital Domino Game all the rules are the same as the real game....
The classic mind-wracking math puzzle game is now online! With a brad new...
Voting Poll
Damvlakke in die Oudtshoorn-gebied is kommerwekkend laag, met van die damme wat leeg is en ander met minder as 10% waterinhoud. Alhoewel daar nog nie waterbeperkings vir Oudtshoorn ingestel is nie:
Gebruik ek water spaarsamig
Oudtshoorn Courant 80%
Is ek nie bekommerd nie en gebruik water soos normaalweg
Oudtshoorn Courant 20%
Men
Women
Search
I'm a 45 year old man looking to meet women between the ages of 25 and 45.
I'm a 49 year old man looking to meet women between the ages of 25 and 45.