Sedertdien het sy haar stempel op die KKNK afgedruk en met die aanbreek van die 2014 KKNK was sy reeds die bestuurshoof van Kunste Onbeperk.
Op 'n vraag wie die teikenmark van die Klein Karoo Klassique is, sê sy die fees is gemik op enigiemand wat aanklank vind by klassieke musiek, maar die feesprogram is so saamgestel dat dit inhoud bied vir fynproewers sowel as diegene wat van ligter klassieke musiek hou. " Ons doen moeite om die program toeganklik te maak vir musiekliefhebbers van alle ouderdomme."
Soos met die KKNK word daar deurentyd na ontwikkeling van die Klassique gekyk op 'n vraag hoe vanjaar se feesprogram van die eerste een verskil sê Rhodé: "Ons plaas meer fokus op unieke programinhoud en die program word saamgestel om genoeg tyd toe te laat vir lekker eet en drink en kuns kyk tussen uitvoerings."