SWD-klubrugby: Evergreens vs Maoris

Die nuweling in die SWD Premierliga-rugbykompetisie, Maori's, is Saterdagmiddag in 'n naelbytstryd deur die verdedigende kampioenspan, Evergreens, op die Heidedal-sportterrein met 15-10 geklop. Rustyd was die telling 10 elk. Die manne van Maori’s het hul lywe op die spel geplaas met hul puik verdediging voor 'n fanatiese tuisskare. Maori’s se bestuur verdien 'n pluimpie vir die wyse waarop hulle hul eerste tuiswedstryd aangebied het. Die wedstryd is in 'n baie goeie gees gespeel. Vir Evergreens wat Saterdag op die Pacaltsdorp-sportterrein vir Bridgton van Oudtshoorn die stryd aansê, wag daar nog harde werk.

Foto's: Hugo Redelinghuys & Anton Gericke

Copyright 2017 Group Editors Co PTY Ltd t/a Oudtshoorn Courant