Laerskool Laurus skenk kos aan diere in nood

Laerskool Laurus het gister honde- en katkos aan Margaret en Freddie Jordaan oorhandig. Dit was as bydrae vir Margaret en Freddie se Twinkels-hondekos-projek. Margaret en Freddie is Saterdag 50 jaar getroud en as deel van hul huweliksherdenking wil hulle graag iets aan die dorp teruggee. Hulle het in samewerking met die Oudtshoorniete Staan Saam assossiasie die projek begin om 'n bydrae vir dierewelsyn in Oudtshoorn te maak.

Foto's: Liezl van Niekerk

Copyright 2017 Group Editors Co PTY Ltd t/a Oudtshoorn Courant