Nuwe Eden Trekkers trek saam op Heroldsbaai

Die onlangs gestigte Eden Trekkers-buitelugklub het hul eerste kampnaweek op Heroldsbaai gehou en heerlik skouers geskuur terwyl smullekker kampkos voorberei is. Vrydagaand het Marika Thomatos van Mosselbaai almal met egte vars Mosselbaai-oesters en vonkelwyn verras. Die kampeerders het nie op hulle laat wag nie en die geleentheid gebruik om mekaar met die intrapslag beter te leer ken.

Foto's: Verskaf

Copyright 2017 Group Editors Co PTY Ltd t/a Oudtshoorn Courant