OUDTSHOORN NUUS - Die Eden Golden Games vind Dinsdag 29 Augustus op die De Jager-sportterrein in Oudtshoorn plaas.
Verrigtinge begin om 08:30 met 'n fiksheidstoets.
Om 10:10 sal Oudtshoorn se burgemeester, Colan Sylvester, die spele amptelik open.
Daarna sal die Eden-distriksmunisipaliteit se burgemeester, Memory Booysen, aan die woord wees.
Al die spanne sal van 10:45 tot 10:55 voor die pawiljoen verbystap.
Na afloop van die sportprogram sal die Eden-span aangekondig word.
Die sportprogram is:
• 11:00: 500 m-stap, rugbybal gooi, jukskei en doelskoppe
• 11:15: 800 m-baanitem
• 11:30: Eendstap
• 11:40: Dress up-resies
• 11:45: 100 m-baanitem; Bal gooi en skop; Bal-aflos; Pegging washing pegs; Ring the stick
• 11:55: 200 m-baanitem
• 12:05: 400 m-baanitem
• 12:10: Passing the ball
• 12:20: 4x100 m aflos.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein karoo nuus'