OUDTSHOORN NUUSFLITS - Vonnisoplegging in die bedrogsaak teen ‘n voormalige waarnemende munisipale amptenaar van Oudtshoorn, Thandile Wilbarforce Salman (34), het gister, 28 Augustus, begin.
Salman is Dinsdag 25 Julie in die gespesialiseerde kommersiële misdaadhof in Bellville op vyf aanklagte van bedrog en geldwassery ten bedrae van R225 900, skuldig bevind.
Die saak dien voor landdros Sabrina Sonnenberg.
Getuienis is gelewer dat Salman geld uit die munisipaliteit se rekening in vriende en familie se rekenings oorbetaal het.
Oudtshoorn se munisipale bestuurder, Allen Paulse, het gister getuienis gelewer oor die impak van die bedrog.
Kapt. Lloyd Ramovha, woordvoerder van die polisie se gespesialiseerde ondersoekeenheid, die Valke, het gesê prosedure vir vonnisoplegging gaan vandag voort.
Die Valke het Salman in 2012 in hegtenis geneem nadat hul kommersiële ondersoek-afdeling die ondersoek teen hom voltooi het.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'