Gallery Video
OUDTSHOORN NUUSFLITS EN VIDEO - 'n Emosionele oomblik het homself Woensdagmiddag by die woning van Preston Titus afgespeel toe vriende en familie 'n kranslegging by sy huis op die weermagbasis gehou het.
Die kranslegging was om sy verjaarsdag te vier.
Hy sou Dinsdag 48 jaar oud gewees het.
Vriende van Titus, sowel as sy ma, Murial en sy suster, Lucinda Wildschut het die geleentheid bygewoon.
Een van Titus se vriende, James Dido, het die geleentheid geopen.
"Preston was vir ons soos familie. Hy was ons buurman en sy kinders was gereeld by ons huis gewees.
"Hy was 'n absolute gesinsman en het gestreef daarna om alles wat hy doen vir sy gesin te doen.
"Hy was altyd daar vir sy vriende en almal wat hier is sal weet watter passievolle mens hy was."
Stafsersant Titus se liggaam is op 2 Desember verlede jaar met verskeie steekwonde in sy huis op die weermagbasis gevind.
Kyk 'n video hieronder:
Murial Titus, ma van Preston Titus en sy suster, Lucinda Wildschut.
Lees die volledige berig in Vrydag se koerant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'