Video
OUDTSHOORN NUUS & VIDEO - 'n Ongeluk het vroeër vanaand sowat sowat 20 km buite Oudtshoorn op die George-pad plaasgevind.
Die bestuurder van 'n Chevrolet-bakkie het op 'n draai uitgeswaai om 'n aankomende voertuig te vermy en beheer verloor.
Hy het links van die pad teen 'n wal afgery en in die veld beland.
Hy het sy been beseer.
Hy was op pad vanaf George na Oudtshoorn met 'n vrag tamaties agter op die bakkie.
Kyk 'n video hieronder.
Daar was 'n vrag tamaties agter op die bakkie.
VIDEO & FOTO'S: HANNES VISSER, OUDTSHOORN COURANT-REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'