OUDTSHOORN NUUS - Daar is nog geen teken van ‘n massa plakkaatbetoging in Oudtshoorn, om die mosie van wantroue in President Jacob Zuma te ondersteun nie.
Die ANC se opposisie politike partye het verlede week kennis gegee dat hulle van 09:00 tot 11:00 vanoggend (Dinsdag 8 Augustus) langs die CP Nel Museum, oorkant die Oudtshoorn-munisipaliteit ‘n plakkaat optrede gaan hou om die mosie van wantroue, wat vandag voor die parlement dien, te ondersteun.
Omstreeks 09:00 het vyf mense, vier in rooi en 1 in blou geklee, op die plek gestaan waar die optrede beplan is.
Om 09:20 was hulle weg en slegs die verestoffer verkopers was sigbaar.
Die Oudtshoorn Courant is meegedeel dat EFF-ondersteuners van De Rust en Dysselsdorp per bus oppad is.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'