Breaking News Video
OUDTSHOORN NUUSFLITS EN VIDEO - 'n Motorfietsryer is sowat 'n uur gelede per ambulans hospItaal toe geneem nadat hy in Langenhovenweg van agter teen 'n Toyota Tazz gebots het.
Die slag het die man oor die stuurstang gegooi en die motorfiets het onderstebo in die pad te lande gekom.
Volgens die bestuurder van die motor wat haar kind by haar gehad het, het sy in die regterbaan gery toe die motorfiets haar van agter getref het.
Die beseerde is 'n werknemer van 'n pizzawinkel op die dorp en was op 'n afleweringsmotorfiets tydens die botsing.
Die slag het die man oor die stuurstang gegooi.
Paramedici behandel die beseerde man.
Kyk 'n video:
ARTIKEL, VIDEO EN FOTO'S: HANNES VISSER, OUDTSHOORN COURANT REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'