OUDTSHOORN NUUSFLITS - Magriet Jantjies, huisbestuurder van filmmakers, Koos Roets en Eunice Visser van Klaarstroom, het haar lewe 24 jaar gelede op Vrouedag 9 Augustus 1993 heeltemal omgekeer.
Sy het sonder enige hulp binne een dag van ‘n volslae alkoholis tot geheelonthouer verander en ook opgestaan teen mishandeling deur haar man.
Vandag is sy ‘n voorslag kwilter wat haar handewerk vir die volgende Nasionale Kwiltfees gaan inskryf.
Lees Marlene Malan se roerende menslike verhaal oor hierdie merkwaardige vrou in Vrydag se Oudtshoorn Courant.
Magriet se grootste staatmaker in haar stryd teen alkoholisme is 'n lekker koppie sterk koffie.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'