Gallery Update
OUDTSHOORN NUUSFLITS - Die inwoners van Rosevalley buite Oudtshoorn het vanoggend die De Rust-pad met klippe verspêr en bande aan die brand gesteek na bouers wat aan die nuwe huise werk glo deur die polisie in hegtenis geneem is.
Volgens die inwoners het hulle 'n groep buitelandse burgers, vermoedelik van Zimbabwe, in hegtenis geneem. Dit is egter onduidelik hoeveel buitelanders gevang is.
Dié buitelanders was glo bouers van Asla en het aan die nuwe dubbelverdieping-huise, wat in Rosevalley gebou, word gewerk. Volgens die inwoners is hulle die enigste mense wat die dubbelverdieping-huise kon voltooi.
"Ons is ontevrede want nou kan die bouwerk nie voort gaan nie. Ons kinders kry koud in die hokke en nou moet ons nog langer wag want die huise kom nie klaar nie," het een van die inwoners gesê.
Die pad is weer vir verkeer oopgestel.
Lees 'n vorige nuusflits: Betoging tussen De Rust en Oudtshoorn
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'