BEAUFORT-WES NUUS - Beaufort-Wes se munisipale Wyk 2 sal Woensdag 21 Februarie weer vir 'n nuwe raadslid vir dié wyk stem.
Wyk 2 se DA-setel het vakant geraak toe die party hul raadslid, Kate Elexander, einde verlede jaar weens wanbetaling van lidmaatskapsgelde geskors het.
Beaufort-Wes is sedert die skorsing 'n hangraad, met ses ANC-, vyf DA en een KDF (Karoo Democratic Front) -raadslede.
Daylin Mitchell, DA-parlementslid vir die Beaufort-Wes en Sentraal Karoo-distrik, sê die DA is vol vertroue om die setel weer terug te wen.
So het Jaco Londt, voorsitter van die DA se oosstreek en lid van die parlement, ook kort na Elexander se skorsing gesê:
"Ons (die DA) behoort gemaklik weer ons setel terug te wen."
Ses kandidate se name is reeds op die stembriewe gedruk, om die setel te probeer wen.
Dit sluit in twee onafhanklike kandidate en een kandidaat uit elk van die EFF, KDF, DA en die ANC.
"Ons bring jou die nuutste Beaufort-Wes, Klein Karoo nuus'