Video
MOSSELBAAI | OUDTSHOORN NUUSFLITS EN VIDEO - Een persoon is dood en drie, waaronder 'n kind, is ernstig beseer in 'n ongeluk tussen drie voertuie op die R328 (tussen Mosselbaai en Oudtshoorn).
Die ongeluk het ongeveer 14:00 by die De Zeekoe T-aansluiting plaasgevind.
Nooddienste is besig om die beseerdes uit die voertuie te bevry.
Die pad is gesluit in beide rigtings.
Meer inligting volg soos dit beskikbaar is.
Kyk video hieronder.
ARTIKEL, VIDEO EN FOTO'S: CHRISTO VERMAAK, OUDTSHOORN COURANT JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo, Hessequa nuus'